Kolonkanker is op 15 by Stephen gediagnoseer en op 17 het hy uitgevind dit is ongeneeslik. Hy het toe besluit om die bul by die horings te pak en ’n emmerlys saamgestel van sowat 40 ervarings wat hy graag voor sy dood wou beleef.

Om op ’n skare te ry (crowd surf) en om ’n dier groter as hyself ’n drukkie te gee was van die ervarings op dié lys. Stephen het ook besluit om geld in te samel vir ’n liefdadigheidsorganisasie wat hom na aan die hart lê.

Stephen wou aanvanklik sowat R175 000 insamel, maar het dié teiken tot R17,5 miljoen verhoog. Teen Dinsdagmiddag het die bedrag op R14 miljoen gestaan.

Hy is laat Dinsdagmiddag in die hospitaal opgeneem en het ’n foto op sy Facebook-blad gedeel waarin hy sy ondersteuners bedank.

[caption id="attachment_73462" align="aligncenter" width="600"]Stephen het dié foto saam met 'n boodskap op sy Facebookblad gedeel. Stephen het dié foto saam met 'n boodskap op sy Facebookblad gedeel.[/caption]

Binne ure het donasies begin instroom. Teen skryftyd het die totale bedrag op R27 479 721,50 gestaan.

Stephen het sy dankbaarheid verskeie kere op Twitter uitgespreek. Kyk hier na sy boodskappe:

Jy kan ook ’n bydrae maak deur Stephen se blad te besoek.

Bronne: mashable.com, independent.co.uk,  theguardian.com, facebook.com/StephensStory