Dié twee spelers het mekaar die afgelope week in Madison Square Garden in New York die stryd aangesê ter viering  van Wêreldtennisdag.

Ná die wedstryd, waarin Novak Andy met 6-3, 7-6 geklop het, het hulle saam ’n paar selfies gekiek. Albei het dit toe op Twitter gedeel.

[caption id="attachment_69531" align="aligncenter" width="600"]Novak Djokovic se hand was duidelik bewerig toe hy dié selfie neem. Hier soen hy Andy Murray nadat hy hom in Madison Square Garden geklop het. Foto: Twitter @DjokerNole Novak Djokovic se hand was duidelik bewerig toe hy dié selfie neem. Hier soen hy Andy Murray nadat hy hom in Madison Square Garden geklop het. Foto: Twitter @DjokerNole[/caption]

[caption id="attachment_69533" align="aligncenter" width="600"]Andy Murray se selfie is effens duideliker, maar net die helfte van sy kop is in die foto. Novak lyk bra in sy noppies dat hy sy mededinger uitgestof het. Foto: Twitter @andy_murray Andy Murray se selfie is effens duideliker, maar net die helfte van sy kop is in die foto. Novak lyk bra in sy noppies dat hy sy mededinger uitgestof het. Foto: Twitter @andy_murray[/caption]

Twee van Huisgenoot se fotograwe, Corrie Hansen en Martin de Kock, gee raad vir die perfekte selfie. Novak en Andy, let op!

  • Maak seker jou slimfoon is effens hoër as jou ooglyn, anders neem jy dalk jou dubbelken af.

  • Beligting is belangrik. Maak seker die lig kom van agter die foon af.

  • Sommige slimfone, soos die iPhone, het ’n opsie sodat jy jou op die skerm kan sien met die kamera-app voor jy die foto neem. “Dis beter om dit so te doen, want dan hoef jy nie 60 foto’s te neem in die hoop dat een reg uitkom nie,” sê Martin.

  • Ontspan, wees gemaklik en moenie selfbewus wees nie. Moet ook nie elke keer poseer nie. Dit bederf soms ’n foto. En onthou: As jy dink aan iets snaaks, sal jou oë glimlag.

  • Jy hoef ook nie altyd in die kameralens te kyk nie. “As jy ’n landskap op die agtergrond het, kyk by die slimfoon verby, dan is die foto natuurliker,” is Corrie se raad.

Shané Barnard en Lara Atson