Dié 28-jarige Russiese tennisspeler het onlangs ’n brief van die organiseerders van die ope ontvang met hierdie inligting.

Maria, ’n voormalige nr. 1 op die wêreldranglys, het in Januarie in die kwarteindstreid van die Australiese Ope teen Serena Williams van Amerika verloor.

Sy het nog nie intussen aan ’n wedstryd deelgeneem nie.

In ’n verklaring het Maria verduidelik sy het positief getoets vir meldonium. “Ek het dié middel in 2006 ingekry,” het sy verduidelik. Sy het uitgebrei en vertel sy het in daardie tyd met haar gesondheid gesukkel.

“Ek het gereeld siek geraak en het ’n tekort aan magnesium gehad.” Daar was ook tekens van diabetes, ’n siektetoestand wat in haar familie voorkom, by haar opgemerk.

Meldonium was een van die middels wat sy as behandeling saam met ander medisyne ontvang het.

Sy was egter nie bewus van die feit dat meldonium in Desember op die lys van verbode middels wat die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport saamstel, verskyn het nie.

“Ek het nie die toets geslaag nie, en aanvaar volle verantwoordelikheid daarvoor,” het Maria gesê.

Maria sê sy het die medisyne die afgelope tien jaar gebruik, maar dit is eers aan die begin van vanjaar tot verbode middel verklaar.

“Ek het ’n reuse fout begaan en my ondersteuners en die sport in die steek gelaat. Ek weet ek moet die gevolge dra, maar ek wil nie my loopbaan op dié manier beëindig nie.”

Bronne: BBC; Daily Mail; YouTube

Lees ook op Huisgenoot.com:

Afrikaanse werklikheidstelevisie-deelnemer sterf: ‘Sy was my rots en my held,’ vertel sussie

Dié SA stad spog met die meeste miljoenêrs

Is hierdie ook hoe jou jammerlike man reageer as jy hom saamsleep winkels toe?

Derick Hougaard vertel hoekom hy huurders vir sy huis soek