Stem nou:

Op ons Webtuiste: KLIEK HIER

Op Facebook: KLIEK HIER

Op jou selfoon: KLIEK HIER 

Liedjieskryfkompetisie: KLIEK HIER

Dis weer tyd dat Huisgenoot se gesogte Tempo-toekennings uitgedeel word en hul staan kry op die kaggelrak van die grootste sterre van Afrikaanse musiek. En wie wen,is jou besluit.

Hier is die top-5 in elke kategorie – fynkam die finaliste, en stem vir wie jy wil hê moet wen, hetsy per SMS, of op die web, Facebook, MXit of ons mobituiste.

Op 19 Julie maak ons die wenners bekend op ’n aand van swier en glans by die Emperors Palace in Johannesburg, en jy is genooi.

Kaartjies kos net R50, en is nou reeds by Computicket beskikbaar.

En moenie dink dis net die musiekmakers wat in die verskillende kategorieë op die blad hiernaas benoem is wat sal wen nie. ’n Paar lesers gaan ook koning kraai.

Die Tempo-toekennings is voorwaar ’n feestelike geleentheid. Van ons land se bekendste kunstenaars, soos Brandon October en Corlea in duet, Bobby van Jaarsveld, Jay en Chereé sal jou op musiek uit die boonste rakke trakteer – en natuurlik hoor jy die aand ook die 10 liedjies in ons jaarlikse Liedjieskryfkompetisie wanneer dit die eerste keer voor ’n gehoor uitgevoer word.

Vir die beoordelaarspaneel was dit geen maklike taak om die top-5 per kategorie te kies nie. Hulle het gesif deur meer as 165 CD’s en DVD’s wat tussen 1 Mei verlede jaar en 30 April vanjaar uitgereik is.

Dit het soms kopkrap geverg, maar hier is die finaliste, in alfabetiese volgorde. Wat volgende gebeur, hang van jou af. Stem so gou as moontlik.

KLIK HIER om te sien watter wonderlike pryse alles op die spel is. Maak vandag nog jou kruisie agter jou gunsteling!

Stem nou:

Op ons Webtuiste: KLIEK HIER

Op Facebook: KLIEK HIER

Op jou selfoon: KLIEK HIER 

Liedjieskryfkompetisie: KLIEK HIER