Hy beweer sy vernuftige Apple-horlosieband het hom ernstige brandwonde op sy arm besorg.

Jãrgen sê hy het ’n pyn in sy arm ervaar. “Ek kon brandende vleis ruik. Die bandjie was so warm dat, in die harwar om dit van my arm te kry, my vingers ook gebrand het.” Hy glo dit is die bandjie se skuld. In September vanjaar het Annie Hoang (48) van Brits-Columbië ook ’n stel afgetrap met haar Apple-horlosie. Sy het pynlike brandwonde aan haar gewrig opgedoen, maar die tegnologiereus beweer dis haar eie skuld omdat sy die horlosie ‘verkeerd gedra het’. Nog ’n Apple-aanhanger, Paula Cerutti van Parys, Frankryk, het dieselfde stel afgetrap. Sy het ’n brandende gevoel aan haar pols ervaar terwyl sy besig was met ’n oefensessie in die gimnasium. Toe sy later die aand haar horlosie afhaal, het sy blase op haar gewrig gevind.

Bronne: Mailonline.co.uk, metro.co.uk, digitaltrends.com