Moembai –

Die Air India-vliegtuig was gereed om van Moembai na Hyderabad te vertrek. Tydens die terugstoot van die vliegtuig na die aanloopbaan, het sake afgryslik skeefgeloop vir Ravi.

Lees ook: Skrikwekkende oomblik toe sterk wind vliegtuig verhoed om te land

Die medevlieënier het verkeerdelik gedink hy het die sein ontvang om die enjins aan te skakel. Ongelukkig was Ravi summier deur die kragtige enjin ingesuig.

Dit is onseker waarom Ravi so na aan die vliegtuig was.

Lees ook: Man sterf ná hy medepassasiers tydens vlug byt

Sy erg verminkte lyk is reeds uit die enjin verwyder en vir 'n nadoodse ondersoek gestuur.

Ravi is nie die eerste persoon wat deur ’n vliegtuigenjin ingesuig is nie. In die laat 1990’s in Chennai is ’n man, wie se werk dit was om voëls van die aanloopbaan weg te jaag, ook deur dieselfde lot as Ravi getref.

Bronne: hindustantimes.com, independent.co.uk, timesofindia.com