Hierdie onvoorsiene glips is weens ’n wysiging aan ’n wet van 1977 wat dwelmgebruik in Ierland reguleer. Die wet is onlangs deels geskrap omdat dit nie destyds in oorleg met die Ierse parlement geskryf is nie.

Volgens die Irish Times beteken dit dat alle dwelmmiddels wat voorheen deur hierdie wet beheer is, onmiddellik vrylik besit en gebruik mag word. Die lys dwelmmiddels wat geraak word, sluit in talle psigotrofiese middels, maar nie byvoorbeeld dagga, kokaïen of heroïen nie. Hierdie dwelmmiddels is steeds onwettig kragtens ’n afsonderlike deel van die wet wat nie geraak word nie.

Die Ierse regering probeer nou inderhaas wetgewing instel wat die besit van hierdie dwelms onwettig maak, maar die vroegste wat so iets kan gebeur, is teen middernag.

Tot dan is die besit, gebruik en verspreiding van enigiets van ecstasy tot blue meth heeltemal toelaatbaar en sal die gereg niks dan doen om gebruikers te keer nie.

Bronne: The Irish Times; Washington Post