[caption id="attachment_165871" align="alignnone" width="600"]Foto: Getty Images Foto: Getty Images[/caption]

Twee tegnici is glo ná die voorval in hegtenis geneem nadat hulle na bewering die oorsaak van die ongeluk probeer verdoesel het.

Die roltrap het skielik agteruit begin beweeg en beeldmateriaal wys hoe inkopiegangers in ’n bondel op mekaar val. Dit het gebeur weens ’n ketting-en-noodremstelsel wat onklaar geraak het. Die roltrap is verlede week nagesien.

Volgens die South China Morning Post, het ’n regeringsbron gesê dis moontlik dat die noodremstelsel wat aangeskakel moes wees, dalk nie aangeskakel was nie.

Daar word vermoed dat die tegnici met een van die roltrap se remstelsels gepeuter het tydens die inspeksie om die oorsaak van die voorval te bepaal.

Die tegnici werk vir die Otis-hysermaatskappy in Hongkong. Ook word vermoed dat hulle die stelsel aangeskakel het toe ingenieurs van die regering Saterdagaand die roltrap nagegaan het.

Twee tegnici is in hegtenis geneem vir “dwarsboming van die gereg”, berig The Guardian..

’n Woordvoerder van Otis het gesê “die inhegtenisneming van ons tegnici is ’n verrassing. Hulle is gevra om steun te bied by die terrein tydens die inspeksie van die roltrap by Langham Place. En hulle is op borgtog vrygelaat sonder dat enige klag teen hulle ingedien is.”

Die maatskappy is gevra om binne sewe dae ’n verslag in te dien oor die oorsaak van die ongeluk aan die departement van elektriese en meganiese dienste in Hongkong. Die roltrap sal minstens ’n maand buite werking wees om dele daarvan te vervang en ook vir toetse om uitgevoer te word.

Kyk hoe dit gebeur het: