In 2014 sal daar meer selfone as mense wees, blyk uit ’n verslag.

In ’n verslag van ’n VN-agentskap word voorspel dat toegewyde rekeninge vir die toestelle teen vroeg volgende jaar sewe biljoen sal verbysteek. Dit sal beteken dat daar meer van hulle as die 7,1 biljoen mense ter wêreld sal wees.

Brahima Sanou, direkteur van die ITU-telekommunikasie-ontwikkelingsburo, het vir BBC News gesê: “Ons beweeg elke dag nader daaraan om amper net soveel selfoonkontrakte as mense op aarde te hê.

“Die selfoonrevolusie bemagtig mense in ontwikkelende lande deur toegang toe opvoeding, gesondheid, die regering, bankwese, die omgewing en sake te bied.”

Die verslag toon ook dat 40 persent van die wêreld se bevolking die internet gebruik.