Wat ’n Moedersdaggeskenk! Vroeg Sondagoggend het die bekende Afrikaanse sanger, Gerhard Steyn die eerste foto's van sy "klein wonderwerk" op Facebook gedeel.

Hul kleinding, Zardi Steyn, is sowat drie weke gelede op 14 April vroeggebore, maar Gerhard en sy vrou, Zelri, wou die nuus eers stil hou terwyl sy die kleintjie in die intensiewe sorgeenheid aansterk.

Kyk: Toe Gerhard en Zelri op 1 Junie 2013 trou aan mekaar beloof het

“Ons kan nie wag dat sy moet huistoe kom nie... maar die opgewondenheid is te groot,” het die trotse pa verklaar.

Hy noem voorts dat Zelri baie siek was tydens die laaste twee maande van haar swangerskap en dat daar vir sowel haar as hul dogtertjie se lewens gevrees was.

gerhard USE

Gerhard het ook sy dank aan God uitgespreek en sy boodskap afgesluit met dié woorde: “Geseënde moedersdag my vroutjie - jou eerste!! En aan ons moeders, asook al die mammas daar buite... Liefde Pappa Gerhard”.

Baie geluk, Gerhard en Zelri! Ons kan nie wag om die kleine Zardi te ontmoet nie.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Kyk die wonderlike oomblik toe blinde vrou ná 21 jaar weer kan sien

Vriende gebruik oorlede vriend se as as aas – en vang ’n wenner

Eina! Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte