Die gewilde rocksanger Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, het Maandag hul babadogtertjie verwelkom.

Die Fokofpolisiekar-sanger en liriekskrywer het die goeie nuus saam met ’n pragtige foto van die kleinding op sy amptelike Facebookblad bekend gemaak.

Die sanger het ook bekendgemaak die kleinding se naam Alex Lila Badenhorst. Hy het ook sy vrou as "amazing" bestempel. Alex is hul eersteling.

Binne enkele ura ná Francois die goeie nuus gedeel het, het die gelukwensing vir die nuwe ouerpaar van oraloor ingestroom.

"Geluk aan jou en jou vrou," skryf ’n ene Sarel Viljoen. "Baie bly [Alex en Lauren] is gesond en geseënd. Wens julle ’n leeftyd se geluk en vrede toe met julle klein Pêreltjie van God."

"Ou maat, nou gaan jy sien hoe vinnig raak jy bles en grys," het Andre Wilken weer skertsend laat hoor. "Hoop jy het ’n kitaar ingeruil vir ’n ordentlike haelgeweer. Baie geluk. Mag sy vir julle hope vreugde bring."

Baie geluk, Francois en Lauren!