’n Groep mans is na bewering uit Saoedi-Arabië gedeporteer omdat hulle “net te aantreklik” is.

Dit gebeur selde dat iemand as “te aantreklik” beskryf word en dat jy daarvoor verkwalik word. Tog is dit net mooi wat dié manne, wat ’n kultuurfees in Saoedi-Arabië bygewoon het, oorgekom het.

Die burgers van die Verenigde Arabiese Emirate is glo aangesê om dadelik die byeenkoms te verlaat en op die koop toe gedeporteer.

“Beamptes op die fees het glo gesê die mans is so sexy, hulle gaan jong vroue laat swig,” berig die Arabiese koerant Elaph.

Die drie mans ontken dat hul voorkoms die rede was dat hul gedeporteer is. Hulle vermoed die owerheid was eintlik bekommerd oor die sangeres saam met wie die groep die fees besoek het.

-Bang Showbizz