Hulle is beste vriendinne vir solank as wat hulle kan onthou, daarom was dit vanselfsprekend dat Britany Maack nie sonder Taylor Swift aan haar sy haar groot dag kon vier nie.

the best friend, the best family, the best groom and the best day

A photo posted by Brit Maack (@britmaack) on
"Ek het haar ontmoet toe ek 10 dae oud was, en vir hom in die kleuterskool," het dié onlangse Grammy-wenner vir Album van die jaar by ’n foto van die bruidsgevolg op Instagram geskryf. "Nou is hulle getroud en ek is die gelukkigste bruidsmeisie ooit. Geluk @britmaack en Ben!"
Dis steeds ’n ongelooflike brawe bruid wat sou kies om ’n beeldskone popster as deel van haar gevolg te hê. En Taylor het voortreflik gelyk in ’n pienk Reem Acra-rok met ’n lae halslyn en handgeborduurde bostuk. Maar Britany het al die aandag getrek in ’n sneeuwit kortmou balrok met ’n oneindige sluier en sleep ook deur Reem Acra.

Senior year.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

“Ek was nog nooit ’n bruidsmeisie nie. Hierdie is my eerste keer en dis baitter belangrik vir my omdat dit my beste vriendin is; ek ken haar al my lewe lank,” het die Bad Blood-sangeres aan People vertel.

YEAH I WILL. @britmaack

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

“En sy trou met [Benjamin LaManna], wie ek ken vandat ek 4 jaar oud was.”

Freshman year.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Britany en Taylor is al vriende vandat hulle kleuters was en het saam groot geword in Pennsylvania. Naderhand het Taylor haar drome nagevolg en Nashville toe gegaan, maar sy en Britany het nooit kontak verloor nie.

Yup, this is what 2002 looked like #bracesandbighair @taylorswift #1989isplatinum

A photo posted by Brit Maack (@britmaack) on

Daar was geen teken van Taylor se eie Romeo, haar Skotse DJ-kêrel Calvin Harris, nie. Maar dié tweetjies vier hul eie mylpaal volgende maand wanneer hulle ’n jaar van saamwees vier.

Gaan Britany en Taylor dalk eersdaags die rolle verruil as ons vir Taylor voor die kansel sien?

Lees ook op Huisgenoot.com:

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Gestresde pa’s ‘dra risiko vir diabetes oor aan nasate’

Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo