Asof ons nou nog rede nodig gehad het om dol te wees oor ons gunsteling-popprinses!

Taylor Swift het onlangs die Boston-kinderhospitaal besoek en het ’n leukemielyer genaamd Ben se dag gemaak; hy het klavier gespeel terwyl sy Adele se liedjie Someone like You gesing het.

Ben het aan BuzzFeed News gesê hy het net vyf minute voor die tyd uitgevind Taylor kom by hom inloer en die afwagting was amper te veel om te verduur.

Hy het haar geloof, en het gesê sy is ’n “wonderlike, gawe persoon en ek sal haar besoek nooit vergeet nie. Ek dank die Here dat ek iets so wonderlik kon ervaar!”

Kyk die video hier:

- Mieke Vlok

Bronne: BuzzFeed, YouTube