Lena Dunham

Die Girls-aktrise Lena Dunham (27) is ’n “groot aanhanger” van Taylor se musiek. Hul vriendskap het op Twitter gegroei. “Sy het my begin volg, en dis hoe jy uitvind Taylor Swift volg jou,” sê Lena. “Jy begin hoor van al hierdie waansinnige Taylor Swift-aanhangers wat sê: ‘As Taylor Swift van hou, hou ek ook van jou.’ Toe skryf ek vir haar: Ek wil net hê jy moet weet, jou albums het my deur baie swaarkry gehelp.” Ons stem saam, Lena!

Karlie Kloss

Die sangeres het foto’s van haar padvakansie saam met die model Karlie Kloss vroeër vanjaar gedeel en geskryf: “Die strand, woude, kranse, Noord-Kalifornië, sand, blomme pluk. Beste reis ooit. @karliekloss.”

Karlie het geskryf: “Avontuur van ’n leeftyd saam met my pel @taylorswit13 @ Pacific Coast Highway.”

Paramore

Taylor is goed bevriend met die Amerikaanse rock trio Paramore en het in 2010 hul (nou voormalige) kitaarspeler, Josh Farro, se troue in Tennessee bygewoon toe sy met die Paramore-sangeres Hayley Williams uitgehang het. Haley het ’n paar foto’s van die troue op Tumblr gedeel, onder meer hierdie oulike een van haar en Taylor.

Kellie Pickler

Taylor het help skryf aan die countrysangeres se liedjie Best Days of Your Life, wat in 2008 uitgereik is. “Hierdie wonderlike vriendskap het tussen ons ontwikkel, en sy is soos ’n kleinsus vir my,” sê Kellie (27). “Sy is heelwat langer as ek, maar is ’n jonger suster.”

Kristen Stewart

Die Twilight-aktrise het by Taylor se huis gekuier ná sy en Robert Pattinson uitgemaak het. “Kristen het met ’n paar vriende gaan kuier,” sê ’n bron. “Hulle het gemeenskaplike vriende en het saam tyd deurgebring.”

Meredith (haar kat)

Taylor noem haar kat haar BFF (“Best Feline Friend”).

Demi Lovato

Taylor en Demi het al saam op die rooi tapyt, by hokkiewedstryde en selfs op X-Factor gekuier.

hayley williams tumblr Jessica Stam twitter

Ekstra bronne: justjaredjr.com; twitter.com; usmagazine.com; ryanseacrest.com