Los Angeles –

Die 25-jarige het op Twitter geskryf: “Net dat julle weet . . . ” en ’n skakel na haar Tumblr-rekening bygevoeg.

Op haar Tumblr-rekening, wat Taylor daagliks gebruik om met haar aanhangers te kommunikeer, het die Grammy-bekroonde sangeres bekendgemaak kanker is by haar ma gediagnoseer.

Volgens Taylor het sy haar ma, Andrea, in Desember gesmeek om vir gemoedsrus ’n volledige mediese ondersoek te ondergaan.

Ongelukkig het die toetsuitslae getoon Taylor se ma het kanker.

Taylor het die volgende geskryf: “Ek skryf vir julle met nuus wat ek wens ek julle nie gegee het nie, maar dis belangrik en ek is gewoond daaraan om belangrike gebeurtenisse in my lewe met julle te deel. Gewoonlik wanneer goed met my gebeur, verwerk ek dit en skryf dan musiek oor hoe ek voel, en julle hoor dit veel later. Dit is iets wat ek en my gesin gedink het julle van moet weet.

Die uitslae het gekom en ek is jammer om vir julle te sê kanker is by my ma gediagnoseer.

“Vir Kersfees vanjaar het ek my ma gevra dat een van haar geskenke aan my moet wees dat sy dokter toe te gaan om vir enige gesondheidsprobleme getoets te word, net om van my bekommernisse te verlig. Sy het ingestem en vir ’n ondersoek gegaan. Daar was geen rooi ligte nie sy het piekfyn gevoel, maar sy het dit net gedoen om my en my broer tevrede te stel.

“Die uitslae het gekom en ek is jammer om vir julle te sê kanker is by my ma gediagnoseer. Ek wil graag die besonderhede van haar toestand en behandelingsplanne privaat hou, maar sy wou hê julle moet weet.

“Jul ouers is dalk te besig om alles te hanteer wat hulle doen om dokter toe gaan nie, en as julle hulle herinner om hulle vir kanker te laat toets, kan dit dalk lei tot ’n vroeë diagnose en ’n makliker stryd . . . Of gemoedsrus in die wete dat hulle gesond is en daar niks is om oor bekommerd te wees nie. Sy wou hê julle moet weet waarom sy vanjaar nie by so baie vertonings sal wees nie. Sy het ’n belangrike stryd om te stry.

“Dankie dat julle so baie oor my gesin omgee dat sy wou hê ek moes hierdie inligting met julle deel. Ek hoop en bid julle kry nooit sulke nuus nie.”

Channel24