• Taylor is ’n wêreldwye sensasie. Op 23 het sy al 26 miljoen albums verkoop, haar liedjies is al 75 miljoen keer afgelaai en haar jongste album, Red, was nr. 1 in 50 lande!
  • Sy is goed met geldsake: Haar pa was ’n finansiële raadgewer en haar ma ’n bemarkingshoof van ’n groeifonds.
  • Sy is trots op haar aanhangers. “Aanhangersgroepe het soms die reputasie dat hulle boelies is en aggressief of onbeskof is met ander kunstenaars. Maar ek is baie trots op my aanhangers, hulle raak nie lelike goed kwyt of sê hulle gaan mense aan die brand steek of so iets nie. Dis iets waarop ek baie trots is.”
  • Haar nederigheid het ’n naam! Dit heet die “Taylor Swift Surprised Face” en verwys na haar gesigsuitdrukking wanneer haar naam uitgelees word wanneer sy ’n prys wen.
  • Sy kan kitaar, banjo, klavier, ukelele en die elektriese kitaar speel.
  • Sy is ’n regte huishen. Selfs wanneer sy toer, probeer sy om in haar eie bed te slaap – sy kies die naaste van haar drie huise en vlieg dan soontoe in haar privaat straler.

Volg haar op Twitter: @taylorswift13 en op Instagram: taylorswift

Web reference

Besoek huisgenoot.com/uitgawe vir ons keuse van Taylor Swift se 10 mees onderskatte liedjies.

BRONNE: youtube.com, huffingtonpost.com, heavy.com, people.com, twitter.com, vulture.com, kidzworld.com