Taylor Lautner het die afgelope week tot ’n beseerde medester se redding gekom.

Die aantreklike Hollywood-ster speel saam met Marie Avgeropoulos in die komende aksieriller, Tracers. Hy het haar by die Astor Place-teater in New York teen die trap opgedra toe hulle Maandag na die Blue Man Group gaan kyk.

Marie het ’n beenbesering opgedoen en loop met krukke. Sy het teen die trap opgesukkel toe Taylor tot haar redding kom.

’n Bron het aan NewYorkPost.com gesê: “Ná die vertoning is hulle ondertoe om die akteurs te gaan ontmoet. Maar Marie, wat weens ’n beenbesering met krukke loop, het gesukkel om op te staan en te loop. (Taylor) het haar boontoe geabba.”

Die twee is saam weg nadat hulle die vertoning geniet en buite vir aanhangers handtekeninge uitgedeel het.

In Tracers speel Taylor die hoofkarakter Cam en Marie sy geliefde, Nikki. Die vleispaleis het verlede week in Hackensack, New Jersey, aan ’n toneel gewerk waarin hy ’n bank beroof.