Hulle moes hul voertuie verlaat en met hul toerusting in die hand na die ongelukstoneel stap.

Luidens berigte het die motorfietsryer teen klippe vasgery wat die pad versper het.
 
Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, het gesê die motorfietsryer verkeer in ’n kritieke toestand. Die 44-jarige man is per lugambulans na ’n traumasentrum geneem.

Bykomende bron: kemptonexpress.co.za