Die nooddiens Emer-G-Med, het in ’n verklaring gesê een van hul paramedici, Max Cohen, het die eende op die snelweg net voor die William Nicol-afrit gaan soek ná ’n motoris die nooddiens in kennis gestel het van die eende wat in die vinnige baan vasgekeer was.

Max het saam met die taxi-bestuurder, Leonard Tshabalala, die verkeer gestop en gehelp om die ma, pa en vyf klein eendjies vanaf die snelweg te vergesel.

Volgens die verklaring het Max en Leonard die eende oor die heining getel waarna hulle na die rivier naby die snelweg gewaggel het.