Op hierdie verstommende foto’s kan ’n taxi gesien word wat getref is deur die vlerk van die Taiwannese vliegtuig wat vroeër vanoggend neergestort het. Die taxi is deur die vallende vliegtuig platgedruk - sy voorruit is versplinter en die enjinkap is verwoes. Die bestuurder het egter die ongeluk oorleef.

Ten minste 13 persone is dood en tot 19 word vermis nadat ’n Taiwannese TransAsia Airways-vliegtuig, met 58 passasiers en die bemanning aan boord, in ’n rivier neergestort het kort nadat hy van die Taipei-lughawe, naby die stad, af opgestyg het.