Nelson Mandela se toestand is "baie kritiek" en "enigiets kan gebeur", het sy dogter, Makaziwe Mandela, Donderdag gesê volgens Nuus24.

"Ek kan dit weer benadruk, Tata (vader) is baie kritiek, dat enigiets kan gebeur, maar ek wil weer beklemtoon dat dit net God is wat weet wanneer die tyd is om te gaan," het sy aan SAFM gesê.

Familielede van Mandela is glo ontbied na die hospitaal in Pretoria waar hy behandel word, het die Suid-Afrikaanse joernalis Debora Patta vroeër Donderdag op Twitter gesê.

Sapa het berig dat familielede opgedaag het by die hospitaal. 'n Groep familielede, onder andere Mandela se kleinkinders, Ndileka en Zoleka Mandela, het die hospitaal later verlaat, volgens Sapa.

Nuus24

Besoek ook:

- Foto's van Nelson Mandela oor die jare

Mandela se familie na hospitaal ontbied

Koop die jongste mode en bykomstighede in ons aanlyn-winkel. Dis veilig en maklik.