’n Vrou van Lincoln in die noorde van Engeland, wat aan tamatiesous verslaaf is, het erken dat sy sowat R5370  per jaar aan haar gunsteling-sous spandeer omdat sy dit met elke maatlyd eet.

Melissa Ibbitson (19) eet die sous minstens drie keer per dag met elke ete. Sy sê dit plaas druk op haar studentebegroting omdat sy net nie daarsonder kan klaarkom nie.

Sy sê haar gunsteling-soort is dié van Heinz, maar omdat sy haar universiteitsonkoste ook probeer betaal, moet sy dikwels tevrede wees met goedkoper weergawes en die sakkies wat saam met wegneemetes kom.

Die teologiestudent, wat die eerste keer versot geraak het op tamatiesous toe sy as kind McDonald’s toe gegaan het, erken sy het al selfs by restaurante uitgestorm as sy gehoor het hulle hou nie haar geliefde sous aan nie.