bacon-or-tuna-tomato-pasta

Dis wat jy gaan nodig kry:

Spek of tuna

Sampioene

Tamatiepasta

Spinasiepasta (of enige ander soort pasta wat jy verkies)

Parmesan-kaas

Braai die spek en sampioene in ’n pan. Braai die sampioene alleen as jy tuna gebruik. Bring ’n pot water tot kookpunt en voeg by pasta by. Voeg ook ’n teelepel olie by sodat dit nie kleef nie. Dreineer wanneer dit gaar is. Voeg die spek of tuna (direk uit die blikkie), asook die sampioene by die pasta. Voeg die tamatiepasta by en meng goed. Sit voor in ’n pastabak en rasper die parmesan oor.

Hierdie resep is aan Checkers verskaf deur Jaun Laubscher en Your Little Blog.

Foto: Vörsprung Studio

Klik hier vir dié resep en nog heerlike Checkers-resepte.