[caption id="attachment_157730" align="alignnone" width="600"]Marissa Petzer op die The Voice SA verhoog. Foto: Instagram/MarissaPetzer Marissa Petzer op die The Voice SA verhoog.
Foto: Instagram/MarissaPetzer[/caption]

Marissa het omtrent gisteraand die beoordelaars op die tweede seisoen van The Voice SA beïndruk. In so 'n mate dat al vier beoordelaars in hul ikoniese rooi stoel omgedraai het. Almur en Marissa het op die eerste seisoen van The Voice SA ontmoet.

Die 22-jarige Marissa het die legendariese Led Zeppelin se A Whole Lotta Love gesing.

“Ek hou altyd van ’n uitdaging. Ons sal sien wat die toekoms inhou,” het Marissa aan die aanbieder Stacey Norman gesê toe sy haar vra oor haar gewaagde liedjiekeuse.

Karen Zoid, Kahn Morbee, Lira en Bobby van Jaarsveld het haar almal probeer oorreed om in hul span te wees, maar Marissa het haar keuse gemaak en Karen gekies. Sy volg klaar in haar geliefde se voetspore!

Die talentvolle Marissa het ook verlede jaar deelgeneem, maar geen beoordelaar het daardie knoppie gedruk nie.

Gedurende die eerste fase van die kompetisie kies die beoordelaars elk 12 deelnemers as lede van hul span. Die beoordelaars dui aan dat hulle belangstel deur die knoppie voor hulle te druk, wat hul rooi stoel outomaties laat omdraai.

Wanneer een beoordelaar omdraai, is die deelnemer outomaties in die kompetisie, maar as meer as een beoordelaar daardie knoppie druk, word die keuse van afrigter die deelnemer s’n.

Hoewel Marissa by Karen se span aangesluit het, het Lira steeds meer deelnemers in haar span as die ander drie beoordelaars. #TeamLira het drie deelnemers, #TeamKahn twee, en #TeamBobby en #TeamKaren het albei een deelnemer.

Die tweede seisoen van The Voice SA word elke Sondag om 17:30 op M-Net (DStv kanaal 101) uitgesaai.

Kyk hier hoe Marissa die beoordelaars verras: