Berigte dui op minstens 29  sterftes nadat nog ’n aardbewing binne 28 uur Japan tref. Sowat 1 100 is tydens die voorval beseer.

Dié skudding het 7,3 op die Richterskaal registreer en het die suidelike eiland Kyushu getref. Nege mense het tydens die vorige skudding, wat 6,2 registreer het, gesterf.

’n Amptenaar van die Kumamoto-streek, Tomoyiki Tanaka, het aangedui dat die dodetal steeds styg. Minstens 80 van die beseerdes verkeer in ’n ernstige toestand. Nagenoeg 70 000 is regstreeks deur die skudding geraak.

Slegte weerstoestande gepaardgaande met die na-skokke bemoeilik reddingspogings. Swaar reën het ook grondverskuiwings veroorsaak.

"Niks is belangriker as menselewens nie, hierdie is ’n wedren teen die tyd," het die eerste minister Shinzo Abe gesê. Daar het ook  ’n geringe vulkaniese uitbarsting by die Aso-gebergte plaasgevind wat saamgeval het met die aardbewing. ’n Vlak 2-waarskuwing is uitgereik.

Lees ook: "Aardbewing tref Japan, talle dakloos gelaat

aarbewing

Bronne: wsj.com, independent.com, ap.com