’n Verdagte is na wat berig word in aanhouding nadat hy vermoedelik in die Kalamazoo-distrik, sowat 160 km wes van Detroit, in die Amerikaanse deelstaat Michigan rondgery het en by drie verskillende plekke na mense geskiet het. Volgense berigte is minstens sewe mense, onder wie ’n 14-jarige meisie, dood en talle ander is beseer.

’n Cracker Barrel-restaurant en ’n Ford-motorhandelaar is twee van die plekke wat deur die vermeende skieter geteiken is.
Die Kalamazoo-distrik se adjunk-polisieoffisier Paul Matyas sê die verdagte is Sondag in aanhouding geneem. Daar is glo ook wapens in die man se voertuig gevind en hy het hom nie teëgesit toe hy deur wetstoepassers genader is nie. Plaaslike polisie is glo van mening spesifieke mense is nie geteiken nie.

Paul het aan NBC News gesê die polisie het met die “ergste moontlike situasie” te make. “Hierdie is lukrake moorde.”

Die skietery het glo Sondag 18:00 Michigan-tyd begin; die derde plek waar daar gekiet is, was volgens berigte ’n woonstelkompleks. Die skietvoorvalle het elke keer in pakeerterreine afgespeel.

Bronne: usatoday.com; rt.com; nymag.com; nbcnews.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Colombiaanse sakeman in SA met Zikavirus gediagnoseer

Moeders oor 40 ‘moontlik meer geneig om ’n hartaanval of beroerte te kry’