Die Avianca 965-vlug was van Lima, die hoofstad van Peru, onderweg na die Ezeiza-lughawe in Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië, toe die vliegtuig deur gebiede met baie sterk stamperigheid vlieg. Volgens ’n persverklaring, uitgereik deur Avianca, is die vliegtuig getref deur “onverwags deur sterk turbulensie toe dit omstreeks eenuur die oggend oor die Andesgebergte vlieg.”

Terwyl dit deur slegte weer gevlieg het, het die skielike stamperigheid almal aan boord verras, onder wie bemanningslede wat nie op daardie tydstip hul veiligheidsgordels aangehad het nie.
Hoewel verslae van die lughawe bevestig het dat 23 mense mediese behandeling gekry het nadat hulle geland het, het die lugredery in hul gedetailleerde mededeling berig 12 mense is beseer. Volgens die lugredery het agt bemanningslede en vier passasiers stampe en beserings opgedoen gedurende die turbulensie.
Wat die beseerdes betref, was Avianca se kommentaar: “Tien mense is hospitaal toe gebring nadat hulle ondersoek is. Ses is reeds ontslaan aangesien hulle niks makeer het nie en die orige vier, almal bemanningslede, is steeds onder behandeling in die kliniek.” Een van die getuies het onthou dat een van die passasiers opwaarts geruk is, sy kop gestamp en ’n stuk plastiek in die vliegtuig gebreek het.
blockquote class="twitter-tweet" data-lang="en">

Avianca Airbus A-330 hit severe turbulence when crossing the Andes from Lima to Buenos AIRES...28 injured. https://t.co/Si67I4cFkn — The Executive Pilot (@GiancarloA330) June 6, 2016

Van die passasiers het foto’s van die gebeure op die sosiale media gedeel. Die foto’s toon kos oor die hele vloer, hangende suurstofmaskers en lugwaardinne met nekstutte.

Alejandro Babato, ’n passasier, het gekla: “Toe ons op Ezeiza land, was daar niemand van Avianca om ons te ontmoet en uit te vind hoe dit met ons gaan nie. Dit is ’n wonderwerk dat ons oorleef het.”

’n Woordvoerder van Avianca het gesê: “Ons betreur die voorval en sal in aanraking bly met die beseerde passasiers om op die hoogte van hul toestand te bly.”

Turbulensie in Mei 2016 aan boord van Etihad Airways op pad na Djakarta

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nike staan bankvas agter Maria Sharapova

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .