Talle mense is nog vasgekeer in geboue wat as gevolg van die skudding in duie gestort het. Die skudding, wat 6,0 op die Richterskaal registreer het, het naby Ueki in Japan plaasgevind.

Gen Aoki, direkteur van Japan se Meteorologiese Agentskap se aardbewingafdeling, het gewaarsku dat na-skokke nog vir die volgende week verwag word. Van die na-skokke wat reeds gevoel is, sluit een in wat 5,9 registreer het.

Chad Meyers, ’n meteoroloog van CNN, het dit beaam. "Die ergste skudding het plaasgevind waar mense woon." ’n Beraamde 750 000 mense het die skudding gevoel. Reddingswerkers is besig om te soek na slaggoffers wat onder die puin van geboue vasgekeer is.

Bronne: edition.cnn.com, newsweek.com

Ook op Huisgenoot.com:

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate