Mmm...iets lyk nie te lekker hier nie! Daar word al ’n geruime tyd ’n groot ophef gemaak van die nuwe weergawe van Disney se geliefe Beauty and the Beast-rolprent waarin Emma Watson van Harry Potter-faam die hoofrol vertolk.

A photo posted by Alex (@goofytothemax) on

Maar die fliek is nou om heeltemal ander redes in die nuus en winkelbesoekers moes onlangs twee keer kyk toe hulle verby die speelgoedrak loop. ’n Belle-pop is tans op winkelrakke beskikbaar om dié Disney-fliek te bemark, maar hierdie Beauty and the Beast-memorabilia doen volgens talle nie hierdie betowerende storie gestand nie.
Hierdie spesifieke pop, wat veronderstel is om te lyk soos Emma as Belle, lyk dan op ’n haar soos die popsanger Justin Bieber!

“Dis dan Justin Bieber in ’n rok?” skryf een ontstoke aanhanger op Twitter.

Beauty and the Beast is een van die rolprente waarna kykers die meeste uitsien in 2017, maar kom ons hoop die fliek is beter as dié stukkie memorabilia.

Bronne: dailymail.co.uk, news.com.au, mirror.co.uk