Die voorval het Vrydag omstreeks 14:00 plaasgevind, het ’n woordvoerder van Netcare 911 Athlenda Mathe in ’n verklaring gesê.

Athlenda het bygevoeg dat berigte vanaf die toneel daarop dui dat minstens twee gevangenes in ’n ernstige toestand verkeer. Paramedici op die toneel behandel die ander meer as 30 gevangenes vir rookinaseming en brandwonde.

Diegene wat verdere mediese sorg benodig sal na verskeie hospitale in Johannesburg geneem word, het sy gesê.

Daar word berig die brand het uitgebreek nadat gevangenes hulself in ’n gemeenskaplike sel in die medium A-afdeling van die tronk toegesluit het met hul eie slot.

Bron: News24