Volgens ER24 het paramedici vroeg Donderdagoggend drie pakhuiswerkers op die grond aangetref terwyl die res van die werkers uit die gebou ontruim is.

Daar word vermoed dat die ammoniak gedurende die nag gelek het en dat die werkers gesukkel het om asem te haal toe hulle vanoggend kort na 07:00 opdaag vir werk.

Paramedici het agt werkers op die toneel met suurstof behandel waarna hulle hospitaal toe geneem is. Die ander vier pasiënte is deur ander nooddienste behandel en ook gehospitaliseer.