Die bestuur van die Nasionale Krugerwildtuin is steeds geskok oor die meer as 100 aasvoëls, twee leeus en twee rooijakkalse wat gevrek het nadat hulle gevreet het aan die vergiftigde karkas van ’n olifant, wat in die wildtuin gestroop is.

Volgens Glenn Phillips, die park se bestuurshoof, is die 110 aasvoëls en vier diere oor die naweek naby Pafuri dood aangetref.

“Ons is platgeslaan deur hierdie jongste vrektes onder ons wildediere. ’n Enkele gebeurtenis kan honderde spesies raak en hierdeur hul lewe kortknip en hul rol in die ekologie verklein.

“Nadat ons ondersoek ingestel het, het ons bevind die olifant is in die kop geskiet en sy ivoor is verwyder, wat ’n duidelike aanduiding is dat dit ’n strooptog was. Die olifant se karkas is daarna vergiftig en aasdiere het gevrek nadat hulle aan hierdie blootgestelde karkas gevreet het,” sê Glenn.

Hy sê dis die tweede soortgelyk voorval sedert 2015. Volgens hom het dieselfde soort noodlot vier leeus, 46 aasvoëls en een feitlik volwasse berghaan in Oktober 2015 getref.

Die opsetlike vergifting van rooijakkalse en ander klein roofdiere is deur die Nasionale Addo-olifantpark gerapporteer en dit het dieselfde patroon van vergifting gevolg.

Volgens Glenn is vergifting ’n wesenlike probleem in buurlande, soos Mosambiek en Zimbabwe, wat aan die verre noordelike deel van die wildtuin grens.

Hy sê: “Streng maatreëls behoort deel te vorm van samewerking tussen die drie lande om die vergifting en stroping van wilde diere te voorkom.”

Bron: News24

Ook op Huisgenoot.com

Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

Video: Ongelooflike oomblik toe sirkusleeus vryheid in SA tuiste ervaar

Ly jou hond dalk aan depressie?

Dié kat neem beter selfies as jy

Video: Hondjie klap saam op sy gunsteling-liedjie

Internet gaande oor hondjie met draadjies

Jong en gewilde sport aanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo