'n Dekade later is die gemis nog steeds groot, veral vir sy kinders.

taliepkinders

Sy dogter Jawaahier Petersen (30) het vandag roerend op Facebook geskryf: "Daddy", saam met hartjies. Hierby het sy gesê: "How I'd love, love, love...to dance with my father again".

Taliep se musiek leef voort in sy kinders, wat onlangs ’n huldeblyk-konsert in Kaapstad gehou het om sy lewe te vier.

Hulle het net kosbare herinneringe van hul tyd met hul pa, het Jawaahier onlangs in 'n onderhoud met Huisgenoot vertel.

Sy is saam met haar broer, Ashur (24), en die sangeres Nedine Blom deel van die sanggroep Die Jaloersbokkies, wat by Taliep se huldeblyk-konsert by die Grand Arena in die GrandWest-casino opgetree het.

Kort voor sy dood, het Taliep hulle almal gebel en vertel hoe lief hy hulle het en hoe trots hy op hulle is, het Jawaahier aan ons vertel. “Dit was asof hy geweet het hy gaan doodgaan,” vertel sy. So het David Kramer in 2008 oor sy vriend, Taliep, gesels.

Die gewilde sanger Emo Adams, wat soos talle kunstenaars met hul pa saamgewerk het, het onlangs dié video van Taliep se kroos op Facebook gedeel. In die video deel Jawaahier, Ashur hul susters, Aeesha (27) en Fatiema (23), en halfsuster Zaynab (17), van hul kosbaarste herinneringe aan hul geliefde pa.