Die aktrise Shannen Doherty het op Instagram gedeel hoe sy haar hare afskeer midde-in haar stryd teen kanker.

Step 1

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on
Shannen, wat bekend geword het vir haar rol as Brenda Walsh in die trefferreeks Beverly Hills 90210, het in Augustus verlede jaar bekendgemaak sy veg teen borskanker en het Dinsdagaand ses foto’s op Instagram gedeel waarin sy wys hoe sy haar hare afskeer.

Step 2

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Op een foto gee haar ma, Rosa, haar ’n drukkie en op ’n ander is haar vriendin Anne Marie Kortright byderhand.

Step 3

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Sy het vroeër die dag op Instagram laat deurskemer dat sy haar hare gaan afskeer toe sy ’n foto deel en byskryf “Kolwyntjiepanne, sjokolade en ’n skeermes. Bly ingeskakel. @annemkortright weet wat sy doen.” Sy het die hutswoorde “cancer sucks” en “thank God for friends” bygevoeg.”

Step 4

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Shannen het verlede jaar aan People gesê sy is dankbaar vir die ondersteuning wat sy kry.

Step 5

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

“Ek hou aan om gesond te eet, te oefen en opgeruimd te bly. Ek is dankbaar vir my familie, vriende en dokters vir hul ondersteuning en natuurlik vir my aanhangers, wat my bystaan.”

Step 6

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Bronne: Instagram; E Online