Sy was seker die bekendste uitvoerproduk van Garies in Namakwaland en het veral bekendheid verwerf vir haar weergawe van die liedjie Dis ’n Lekker Ou Jan.

In 2011 het sy haar tasse gepak om die net meer 100 km van Garies af Springbok toe te verhuis en daar in die ouetehuis te gaan woon.

Sy het destyds aan Rapport gesê sy het ’n goeie lewe gehad en wens vir niks meer nie.

“Onthou net, as jy my nie by die ouetehuis of die hospitaal kry nie, sal Hy my kom haal het – die Klonkie wat in die krip gelê het, wat in die stal geslaap het. Sy naam is Jesus en ek is sy worteltjie.”

Die ouetehuis het onderneem om ’n persverklaring uit te reik. Haar naasbestaandes is reeds in kennis gestel.