As jy dink dit gaan deesdae besonder goed met die akteur Neels van Jaarsveld, is jy in die kol.

Dié Binnelanders-akteur het die skoot omtrent hoog deur nadat hy vandag aan sy jare lange meisie Jeanne Lynn verloof geraak het. Die Eisj-man het die goeie nuus op sosiale media gedeel met die byskrif: “Sy't ja gesê!” Aan Jeanne se ringvinger pronk daar nou ’n pragtige silwer ring afgerond met hout en ’n silwer hartjie. Die ring is gemaak deur Wooden Rings.

She said yes! @jeanne_flynn @woodenringssa @woodushop

A photo posted by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on

Jeanne, ’n beroepsdanseres, werk saam met Neels in die vermaakbedryf en help sy vertonings bestuur.

“Sy vul my aan en gee my hoop,” het Neels vroeër aan Huisgenoot gesê. “Dis spesiaal om iemand te hê wat jou steun, want dis ’n moeilike beroep in die sin dat jy jou werk huis toe vat. Dis lekker vir my om te weet sy is hier (by my).”

Hulle het mekaar in Augustus 2014 deur Facebook ontmoet. Hy het nie gras onder sy voete laat groei nadat hulle daardie jaar in September van aangesig tot aangesig ontmoet het nie.

Nog geen nadere besonderhede oor die tweetjies se trouplanne is al bekend nie. Die paartjie is ook op sy Facebook-bladsy oorval met gelukwensinge. Veels geluk julle twee!

Ook op Huisgenoot.com:

Vind so uit of jou hond dalk aan spanning ly

Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk

Kyk: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers

Is dié een van die wreedste of oorspronklikste poetse ooit?

Kyk: Grafiese advertensies skep bewusmaking oor die gevare van te veel suiker