Die uitstel is gegee sodat Fanie die nodige regsverteenwoordiging kan bekom.
Intussen berig Netwerk24 dat Koos van Wyngaard, stiefpa van Fanie du Preez (39), so erg getraumatiseerd is dat hy berading moet kry. Die gebeure het glo ook die gesin se hond "mal" gemaak. Die hond is die naweek van kant gemaak en veras en sal saam met Fanie se seun Philip (14) begrawe word.

Die familietragedie het hom Donderdagoggend omstreeks 04:00 afgespeel. Fanie se vrou, Thea (43) en hul twee kinders Carlia (17) en ­Philip, is tydens die voorval doodgeskiet.

Aanvanklik het Fanie beweer dat rowers of dwelmhandelaars verantwoordelik was, maar twee vuurwapens en bebloede klere wat in die huis se plafon versteek is en ’n handdoek wat na bewering as ’n knaldemper gebruik is, het die polisie laat besluit om Fanie in hegtenis te neem in verband met sy gesin se skietdood.

Wat preseis daardie noodlottige nag verkeerd geloop het, is niemand nog presies van seker nie. Thea se susters sê intussen alles was nie pluis in die Du Preez-huis nie.

Carlia se niggie, Anandi Coertzen, is hartgebroke omdat dit haar wens was dat Carlia haar strooimeisie by haar troue sou wees.

Gerugte doen ook die rondte dat Fanie gereeld vir Thea verkul het.

Bronne: Netwerk24; ENCA