Haar jongste dogter (9) wou ’n klein boetie of sussie wou hê. En toe besluit Annegret Raunigk (65) van Berlyn, Duitsland dat sy dié wens waar gaan maak. Volgens die Duitse uitsaaier RTL probeer sy die laaste jaar-en-’n-half deur kunsmatige bevrugting swanger raak.

Annegret het toe met vier embrio’s swanger geraak. Sy was aanvanklik geskok maar het dit nooit oorweeg om die aantal embrio’s te verminder nie. “Nadat die dokter uitgevind het dat daar vier is, moes ek wel eers bietjie daaroor dink,” het sy gesê. Daar is gesê dat die swangerskap tot dusver sonder enige groot komplikasies is. Sou alles goed afloop, kom die babas in hul somer en Annegret sal die wêreld se oudste ma van ’n vierling wees. Dis nie Annegret se eerste opspraakwekkende verskyning in die nuus nie. Sy het 10 jaar gelede ook hoofopskrifte gehaal toe sy op die ouderdom van 55 aan haar 13de kind geboorte gee.

Bronne: metro.co.uk, buzzfeed.com, dailymail.com