Ná ’n afkoelperiode oftewel ’n gedwonge blaaskansie vir Sylvester in ’n boma ná sy ontsnappingskaperjolle is eindelik oor sy toekoms besluit. Menige bewaringsbewuste en diereliefhebber sal ’n enorme sug van verligting slaak, want sy dae is nog geensins getel nie. Lees ook: Dis nou tyd vir Sylvester die leeu om te kalmeer Die hoop bestaan dat Sylvester sy streke gaan laat staan wanneer hy eersdaags na sy nuwe tuiste geneem gaan word: die Kuzuko-afdeling van die Nasionale Addo-olifantpark in die Oos-Kaap.

Fundisile Mketeni, hoofbeampte van Sanparke, het Dinsdag in ’n verklaring bekendgemaak dat Sylvester hopelik vriende gaan maak met die twee jong leeuwyfies en twee ouer leeumannetjies wat in dieselfde kamp aangehou word.

Lees ook: Sylvester die leeu se losloopdae getel na hy eindelik (weer) vasgetrek is

Die jong wyfies is wees gelaat nadat ’n slang hul ma verlede jaar gepik het.

Fundisile sê Sylvester kan dalk weer probeer ontsnap, maar die risiko sal verlaag as hy as die dominante mannetjie gevestig word.

“Ons gee die publiek die versekering dat hierdie besluit in die beste belang van die dier en bewaring geneem is,” het Fundisile gesê.

Nou dan toe, Sylvester, dis nou jou kans om ’n nuwe lewe met nuwe vriende te begin en vir goed ’n einde te bring aan jou rondloperdae.

Bronne: algoafm.co.za, sanparks.org

Ander stories op Huisgenoot.com

Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing