Met behulp van ’n elektroniese halsband is die leeu laas 20 km suidwes van die park nagespoor. Lees ook: Sylvester, die Karoo se rondloperleeu, gevang Die groot kat het glo al voorheen ontsnap en verlede jaar die park verlaat nadat die dier ’n gat onder die grensheining gevind het. Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, het Dinsdag gesê die leeu “loop steeds los”.

“Ons het ’n  soekspan van 14 man, onder meer ’n veearts, en ons gaan ook ’n tjopper inspan, want dit lyk of [die leeu] op pad is heuwels toe waar die terrein ru en bergagtig is en dit moeilik is om te voet spoor te sny,” sê hy.

“Sodra hulle naby Sylvester kom, beweeg hy, daarom sal ons vanoggend in die lug opgaan.”

Reynold sê die leeu het blykbaar deur die nag ’n leeu vrekgemaak op ’n plaas wat aan die park grens.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Verveeld en sonder Wi-Fi? Probeer dié versteekte Chrome-speletjie

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’

Vyf dinge waarvoor mense nie begroot nie omdat hulle vergeet