Sanparke het vanmiddag (Donderdag) aangekondig dié karnallie is suksesvol gevang en onder verdowing geplaas. Spoorsnyers en Sanparke-personeel het hom buite Beaufort-Wes opgespoor.

Lees ook: Sylvester, die leeu van Beaufort-Wes, loop weer weg!

“Die leeu is uit ’n helikopter in die berge gewaar en verdoof en sal per voet met ’n draagbaar 3 km ver na die naaste voertuig gedra word,” het Fay Ludick, woordvoerder van Sanparke, gesê.

’n Herrie is ontketen nadat Sanparke vandeesweek aangekondig het Sylvester is ’n “gewoontemisdadiger” en sal van kant gemaak moet word.

Volgens ’n verklaring vrees hulle dat hy herhaaldelik gaan probeer ontsnap en moontlik ’n mens kan aanval.

Dit kom nadat Sylvester verlede jaar 24 dae lank gesoek is nadat hy vir die eerste keer ontsnap het. Lees ook: Die Karoo se rondloper-leeu gevang! Maar daar is goeie nuus vir die driejarige leeumannetjie. “Hy sal eers in ’n boma in die reservaat aangehou word tot Sanparke oor sy toekoms besluit het.

“In hierdie stadium oorweeg Sanparke ander opsies as om hom van kant te maak,” het Fay aan Huisgenoot gesê.

- Jacques Myburgh

Ander stories op Huisgenoot.com:

Huisgenoot-joernalis skryf hoe dit voel om konstant op die wipplank van bipolêre steuring te ry

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe