Talle vroue sal gek wees daaroor om soos Angelina Jolie te lyk, is daar een vrou wat glo dit dit belemmer haar pogings om ware liefde te vind.

Veronika Black, ’n Kanadese model, lyk op ’n haar soos die Amerikaanse filmster. Mense het glo reeds in 2011 begin om die ooreenkomste tussen hulle uit te wys, veral nadat Veronika haar lippe laat vergroot het.

“Ek het gewerk as ’n winkelassistent, ek was net ’n gewone meisie agter die kasregister. Skielik het mense my begin aansien vir Angelina Jolie. Dit was baie vreemd maar ek was ook gevlei want Angelina is beeldskoon.”

Maar nou, vier jaar later met ’n allemintige 23 000 Twitter- en byna 700 000 Instagram-volgelinge, meen dié 32-jarige die vergelyking verhoed dat sy ware liefde vind.

“Ek dink ek jaag mans die skrik op die lyf. Hulle is geintimideer deur my voorkoms. Ek wil net my eie Brad Pitt vind.”

Bronne: Huffington Post; The News Teller; Uproxx