“Sy is so opgewonde,” sê haar ma, Eileen Swanepoel. “Dit is ’n wonderlike tyd vir haar.

“Candice het op ’n baie jong ouderdom begin werk. Sy was 17 jaar oud. Dit is wonderlik vir haar om dinge net ’n bietjie rustiger te neem en alles te geniet.”

Candice (27) het die nuus oor die geslag van haar baba op Instagram bekendgemaak met ’n foto van haar wat haar boepie wys. “My seuntjie wat nie so klein is nie.”

Sy is nou vyf maande swanger en die seuntjie behoort sy opwagting einde September te maak.

Eileen sê Candice geniet die tyd veral ook omdat haar boesemvriendin Behati Prinsloo (27) ook swanger is en ’n dogtertjie verwag. “Hulle is liewe vriendinne en noem mekaar ‘my suster van ’n ander mister’.” Lees ook: Dié twee bekendes word saam mammas en ‘kan nie wag nie’ Eileen sê sy en Candice praat elke dag en sy gee vir haar soveel raad as moontlik. “Sy het byvoorbeeld nou die dag vir my gesê sy raak baie moeg. Toe sê ek vir haar dit is normaal. Ek het ook moeg geraak. “Sy doen alles reg. Sy eet die regte kos, doen die regte oefeninge. Ek kry elke dag ’n foto.” Volgens Eileen is Candice ook vasbeslote om natuurlik die lewe te skenk.

Dit sal Eileen en haar man, Willem, se eerste kleinkind wees en sy gaan begin Junie New York toe om vir Candice met die babakamer te help. “Dit is baie opwindend. Al ons vriende het al kleinkinders en ek wag al so lank hiervoor.”

Eileen en Willem sal saam gaan kuier wanneer die nuwe lid van die familie hier is.

Lees ook: Kyk net hoe pragtig vorder dié beeldskone bekendes se swangerskappe!

Eileen sê hulle hou baie van Candice se verloofde, Hermann Nicoli. “Hy is ’n bietjie anders omdat hy Brasiliaans is, maar hy is baie gaaf. Ons hou baie van hom.”

Sy en Willem het in November in Brasilië gaan kuier om sy familie te ontmoet.

Hulle sien uit daarna wanneer sy ná die baba se geboorte hier kom kuier om haar nuwe bondeltjie liefde aan sy grootjies Jan (89) en Susan (87) Swanepoel te kom voorstel.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin: In so ’n kas moet daar geraamtes skuil . . .

Ivan Zimmermann trap voort: Twee dae in Beijing met ‘baie mense, baie fietse en baie karre’

Céline Dion verklap laaste woorde aan haar man oomblikke voor hy sterf

So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter

Kyk net hoe brul 7de Laan se Xander op ’n ysterperd!