’n Foto van die oulike Isla Walton van die Verenigde Koninkryk het omtrent die rondtes op sosiale media gedoen, bloot omdat sy nes die sanger Ed Sheeran lyk, berig NME.com.

Internetgebruikers kon nie genoeg kry van die foto na Isla se tannie, Stacey Walton (30) dit op sosiale media gedeel het nie – en ons moet bieg, haar rooi hare en koddige uitdrukking lyk nes Ed s'n.

Volgens Daily Mail sê Isla se ma, Zoe Walton (21), dat dit nie die eerste keer is wat mense haar ooreenkomste met die Thinking Out Loud-sanger uitwys nie.

Lees ook hier: Wie is wie? Ontmoet Taylor Swift se doppelganger.

"Dit is toe my suster dit aanlyn deel en ons baie kommentaar kry. Soms kyk ek net na Isla en dink, 'sjoe", en mense het haar al self gesê soos wie sy lyk," vertel Zoe.

Inteendeel, Tannie Stacey noem Isla al ’n geruime tydjie "Baba Sheeran", berig The Sun.

"Sy is mal oor sy musiek, sy probeer ook met die woorde saam sing en het selfs ’n dans," vertel Stacey.

Richard Arnold het gedurende ’n onderhoud vir die televisiekanaal, ITV se Good Morning Britian, die foto vir Ed gewys – en sy reaksie was van onskatbare waarde:

"Sy is nie myne nie! Ek sê vir jou! Die goed wat deesdae in sosiale media gedeel word is snaaks!"

Bronne: Dailymail.co.uk, TheSun.co.uk, Eonline, Buzzfeed, Huffington Post.