Die kroningsgeleentheid is by Sun City in die Superbowl-arena gehou.

Laurie, van Eldoradopark in Johannesburg, het verlede jaar ’n B.Com.-graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en daarna besluit om die res van die jaar af te vat om ’n heeltydse loopbaan in modelwerk te volg. Sy het haar ook op liefdadigheidswerk toegespits.

Ntsiki Mkhize is as die tweede prinses gekroon en Refilwe Mthimunye is die eerste prinses.

Rolene Strauss, die huidige Mej. Wêreld, het ook die geleentheid bygewoon.