Manveer Komer, 'n petroljoggie by 'n vulstasie in Philadelphia, het baie duidelik sy instink vertrou toe 'n paartjie by die geriefswinkel ingeloop het.

En sy instink was heeltemal reg.

Die paartjie was allesbehalwe 'n paartjie. Die vrou, na wat verneem word 'n dokter, en 'n man het die winkel binnegegaan. Daar word verstaan dat hy haar vroeër die dag gekaap het.

Die man het die winkel binnegekom en voorgegee hy is gewapen. Voor hulle by die betrokke winkel aangekom het, het hy haar na verskeie OTMe reg oor die stad geneem om geld te trek. Hy wou dieselfde by die vulstasie probeer doen.

Gelukkig vir haar was Manveer daar om die situasie te beredder. Hy het agtergekom iets is nie pluis nie toe hy let hoe die dokter bewe.

Manveer het homself toe vreesloos tussen die man en vrou geplaas. Hy het haar ook agter hom verskans terwyl hy voortgegaan om die kaper te konfronteer.

Manveer het glo aan die kaper gesê dat "sy nêrens saam met hom sal gaan nie". Hy was ook nie afgeskrik deur die kaper se oënskynlike reik na 'n vuurwapen nie.

Die skurk het die aftog geblaas, hoewel met die dokter se motor. Tog danksy 'n jong man se flinke optrede het sy met haar lewe daarvan afgekom.

Die kaper is later gearresteer.

'n Ware held, hierdie Manveer.

Bronne: YouTube, ecr.co.za