Wat jy ook al doen, moenie 7de Laan vanaand misloop nie, want die Flooze is terug en soos gewoonlik sorg sy vir tonne pret en konsternasie!

Sy en Neef Gert is uit, maar sy was nog nooit so hartseer dat sy nie ‘n paar oulike kuite kon waardeer nie en sy is duidelik nie blind vir die nuwe talent in die Laan nie!

Sy bevoel hulle spiere, maak hulle moeg in ‘n armdrukkompetisie en flirt vir ‘n vale.

So hou vas maar aan julle sitkamerstoele, want die Flooze is terug. Ons het gou vir haar ‘n paar goedjies gevra voor sy vanaand op die kassie verskyn.

Welkom terug in 7de Laan Flooze. Is jy excited om terug te wees?

Moewies excited soos bubbles in ‘n Creme Soda-blikkie my tjomma. Ek trap Flossie plat soos ‘n resiesperd want ek wil vanaand 18:30 my tjomma Paula gaan verras en ek moet skedaddle as ek betyds wil wees.

Waar was jy nou weer gewees?

Ek en hot lips Neef Gert was Phalaborwa toe vir n deal wat hy geslaan het, maar die ding het lelik skeefgeloop as gevolg van al sy manewales en toe die paw-paw die fan strike toe is ek "out of there!!".

Hoe lyk dinge tussen jou en Paula?

Dit loop soos stroop my ou! Ek en ou Blondie is nader aanmekaar as pap en vleis. Kop jy my tune? Ons gaan ‘n good time hê want hierdie goose is uitgehonger vir ‘n paaaaartie!!

Hoe lank dink jy gaan jy hierdie keer in die Laan rondhang?

Forever and ever and ever as dit van my afhang, die plek is mos my pozzie en ek gee altyd my tjomme se engines bietjie woema, so they need me.

Waar is jou favourite plek om uit te hang in die Laan?

Oppiekoffie off course, want daai waitertjies se kuite span soos soetsappige spanspekke. Ooooooe pappie hier kom n ding!!

Ek watch julle vanaand 6:30 op 7de Laan en wees gewaarsku, hier kom ‘n riller want hierdie Floozie raak al hoe willer!!

Volg Huisgenoot op Twitter.