Die Amerikaansepoprock-groep Hot Chelle Rae het onlangs vertel Taylor Swift het hul nuwe enkelsnit, Don’t Say Goodnight, geïnspireer terwyl hulle saam op toer was.

“Dit was een van my gunsteling-oomblikke op enige toer. Ons was in Australië saam met Taylor, en een aand het sy ’n pragtige seiljag gehuur en toe ons groep en ons bestuurders genooi om ’n bietjie rond te seil in Sydney se hawe saam met haar groep en bestuurders,” vertel die hoofsanger, Ryan Follesé.

“Ons het Argentynse braaivleis geëet en ure lank rondgevaar. Ons het almal gedrink, gedans en ons gunstelingmusiek gespeel. Dit was een van die mooiste, lekkerste nagte wat ons al beleef het!”

Bron: justjaredjr.com