Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê vrywilligers het op inligting gereageer dat die twee in ’n sleurstroom in die moeilikheid verkeer.

“Daar was ’n ligte bries en deinings van ’n halwe meter. Sigbaarheid was goed. ’n Soektog is van die Mnandi-parkeerterrein af van stapel gestuur na die twee mans wat na berigte onder die water verdwyn het,” sê hy.

Kort voor sesuur die aand is die eerste lyk gevind.

Die NSRI-reddingsvaartuig was verplig om die toneel te verlaat toe dit begin donker word.

“Kort nadat die NSRI-reddingsvaartuig die toneel verlaat het, het die SAPD ’n tweede lyk gevind. Albei lyke is in die sorg van die Forensiese Patologiediens oorhandig.”

Bron: News24